Karoo Park Aftree Oord Oudtshoorn

Die aftreeoord is geleë in Wesbank, Oudtshoorn, ‘n rustige en veilige buurt naby aan die Oudtshoorn Mediclinic Privaat Hospitaal, die Provinsiale Hospitaal en die binne-dorp. Oudtshoorn is bekend vir sy gesonde Klein Karoo Klimaat.

Die ontwikkeling bestaan uit 74 eenhede en ‘n dienssentrum wat tuisversorging bied ,indien benodig, in jou huis deur gekwalifiseerde versorgers.

Karoo Park - Oudtshoorn retirement village

Die Karoo Park ontwikkeling is geleë in ‘n veilige gebied en is omhein met ‘n muur, palisade en elektriese heining. Toegang is beheer deur elektriese hekke. Oudtshoorn is egter ‘n veilige plattelandse dorp. 

Spesiale huisplanne, volgens die eienaar se keuse en ontwerp, kan ook voorberei word teen ekstra koste, solank dit aanpas by die voorgeskrewe boustyl. Troeteldiere is welkom by die oord en daar is nie spesiale reëls hieroor nie , behalwe dat die diere nie ‘n steurnis vir die ander inwoners moet wees nie.

Die erwe is eie titel (kaart en transport) en daar is 6 verskillende standaard tipe planne om van te kies, vanaf 1-slaapkamer tot 3-slaapkamer huise.

Die Dienssentrum voorsien tuis versorging deur opgeleide versorgers in die gemak van jou eie woning indien nodig.

 Die Provinsiale Hospitaal en Privaat Hospitaal (Medi-Kliniek) is 2 km van die oord.

Die wonings kan as n belegging gekoop word om uit te verhuur tot tyd en wyl julle dit wil bewoon. Dit is nie ‘n vereiste dat voornemende kopers ouer as 50 moet wees nie, maar die inwoners moet egter ouer as 50 jaar oud wees. In spesiale gevalle gee die HEV egter toestemming vir persone jonger as 50.

Ons het ‘n bewese rekord in aftreeoord ontwikkelings en die bekende Bergville aftreeoord in George, wat deur ons ontwikkel was, is reeds uitverkoop.

Laai die nuutste maandelikse heffings hier af.

Huis tipes

Daar is 6 standaard huis tipes beskikbaar. Pryse sluit in die prys van die erf en woning, standaard plan fooie, prokureurs, oordragkostes en diensfooie.

R973,000
Met een badkamer en ‘n motorafdak (69 m²).
Laai plan af

R1,021,500
Met een badkamer en ‘n motorafdak (74 m²).
Laai plan af

R1,255,900
Met een badkamer en ‘n motorafdak (80 m²).

R1,346,100 met 2 badkamers
Laai plan af

R1,649,150
Met een badkamer en ‘n motorhuis (90 m²).

R1,745,950 met 2 badkamers
Laai plan af

R1,790,150
Met een badkamer en ‘n motorhuis (100 m²).
Laai plan af

R1,930,100
Met twee badkamers en ‘n motorhuis (130 m²).
Laai plan af