Karoo Park Aftree Oord Oudtshoorn

Die aftreeoord is geleë in Wesbank, Oudtshoorn, ‘n rustige en veilige buurt naby aan die Oudtshoorn Mediclinic Privaat Hospitaal, die Provinsiale Hospitaal en die binne-dorp. Oudtshoorn is bekend vir sy gesonde Klein Karoo Klimaat.

Dit bestaan uit 70 eenhede en ‘n Sorgsentrum/Siekeboeg (frail care) waarvan die 1ste fase alreeds voltooi en ge-open is. Die 1ste fase van die 20-bed Sorgsentrum is voltooi, toegerus en werksaam.

Karoo Park - Oudtshoorn retirement village

Die Karoo Park ontwikkeling is geleë in ‘n veilige gebied en is omhein met ‘n muur, palisade en elektriese heining. Toegang is beheer deur elektriese hekke. Oudtshoorn is egter ‘n veilige plattelandse dorp. 

Spesiale huisplanne, volgens die eienaar se keuse en ontwerp, kan ook voorberei word teen ekstra koste, solank dit aanpas by die voorgeskrewe boustyl. Troeteldiere is welkom by die oord en daar is nie spesiale reëls hieroor nie , behalwe dat die diere nie ‘n steurnis vir die ander inwoners moet wees nie.

Die erwe is eie titel (kaart en transport) en daar is 6 verskillende standaard tipe planne om van te kies, vanaf 1-slaapkamer tot 3-slaapkamer huise.

Die Sorgsentrum voorsien opsionele maaltye op versoek by die inwoners se huise. Spesiale tuis versorging is ook beskikbaar indien nodig.

Ons is besig om die sorgsentrum as ’n sub-akute hospitaal te registreerby die departement van gesondheid. Die Provinsiale Hospitaal en Privaat Hospitaal (Medi-Kliniek) is 2 km van die oord.

Die wonings kan as n belegging gekoop word om uit te verhuur tot tyd en wyl julle dit wil bewoon. Dit is nie ‘n vereiste dat voornemende kopers ouer as 50 moet wees nie, maar die inwoners moet egter ouer as 50 jaar oud wees. In spesiale gevalle gee die HEV egter toestemming vir persone jonger as 50.

Ons het ‘n bewese rekord in aftreeoord ontwikkelings en die bekende Bergville aftreeoord in George, wat deur ons ontwikkel was, is reeds uitverkoop.

Laai die nuutste maandelikse heffings hier af.

Huis tipes

Daar is 6 standaard huis tipes beskikbaar. Pryse sluit in die prys van die erf en woning, standaard plan fooie, prokureurs, oordragkostes en diensfooie.

R973,000
Met een badkamer en ‘n motorafdak (69 m²).
Laai plan af

R1,021,500
Met een badkamer en ‘n motorafdak (74 m²).
Laai plan af

R1,169,000
Met een badkamer en ‘n motorafdak (80 m²).

R1,251,00 met 2 badkamers
Laai plan af

R1,526,500
Met een badkamer en ‘n motorhuis (90 m²).

R1,614,500 met 2 badkamers
Laai plan af

R1,656,500
Met een badkamer en ‘n motorhuis (100 m²).
Laai plan af

R1,786,000
Met twee badkamers en ‘n motorhuis (130 m²).
Laai plan af